
"It may touch the soul of the reader, but it calms the spirit of the writer. That is the joy of poetry."


WELCOME
Many of you have read quite a few of my poems, purchased a book or follow my Facebook page, Ricardo Korkee-Skrywersblad.
I trust that this website will add to your interest in my poetry, as well as up and coming projects.
WELKOM
Vele van u is alreeds vertroud met baie van my gedigte, dalk my digbundel aangeskaf, of volg my op my Facebookblad, Ricardo Korkee-Skrywersblad. Dit is my wens dat hierdie blad, groter belangstelling in my digkuns, asook opkomende projekte sal wek.
POEM OF THE WEEK
GEDIG VIR DIE WEEK
Klein dogtertjie
Vir Camerin Kaitelyn Korkee
Sou wat wou gee dat jy my klein dogtertjie moet bly, maar ek kan nie.
Onskuldige ou baba'tjie, wat ek aan die slaap moes sus...oulike gesiggie!
Jy't nooit werklik gehuil nie my kind, altyd n glimlaggie.
Met een en elkeen, in jou slaap, selfs jou doop...so pragtig in daardie rokkie!
Jou eerste dag op skool, jy't werklik gegloei...kan dit nie vergeet nie.
En toe Kaylum bore, toe's jy n trotse ousus, en hy jou boetie.
Jy wou hom optel, jou klein stukkie mensie!
Met balet en dans het jy ons altyd bekoor, dis mos jou passie.
Vir niks ooit terug gestaan, nie eens n asma aanvalletjie.
Jy't vinnig groot geword Camerin, en ek verlang wraggies,
na my kleine dogtertjie, en ek stort selfs n traentjie
.Nie teleurgesteld, maar van blydskap en trotse emosie.
Ricardo Korkee



